Survivor het Ashley sterker gemaak
2010-03-26 11:41
Johannesburg - Sy mag nie huis toe verlang nie, het sy op dag een al besluit. Elke dag mag sy net vinnig, net vir ’n paar minute, aan haar lewensmaat en kinders dink, maar dan moet sy gou-gou weer die trane afvee en fokus op die doel voor oë: om Survivor South Africa: Santa Carolina te wen.
Maar die aand toe Ashley Hayden (42) uiteindelik weer uit Mosambiek in Johannesburg aanland, het die verlange haar behoorlik oorval. Toe mág sy maar...
En toe sy in hul straat in Parkview indraai, was dit duidelik: Haar gesin het net so baie na haar verlang.
Om elke boom, van die bopunt van die straat tot voor hul huis, was ’n groot, goudgeel lint gebind. “Tie a yellow ribbon round the ole oak tree”, kon sy sommer die woorde van die liedjie hoor, ’n gunsteling van haar en haar lewensmaat, Charlie Wilson.
Toe weet sy: Dis Charlie se manier om te sê hy is baie, baie bly sy is terug.
Lees meer hier.