Survivor SA skop af
2011-02-24 15:28
Kaapstad – Survivor SA skop Donderdagaand om 19:30 op M-Net af.
Nege bekendes en tien lede van die publiek het die keuse gemaak om hul gemaklike lewens vir 27 dae prys te gee.
Hulle sal meeding om ‘n prys van R1 miljoen en ook om die titel as die Ultimate Survivor te wen.
Dit is die eerste keer dat die reeks in die Maldives verfilm is, met Nico Panagio wat weer die aanbieder is.
Kykers kan uitsien om interessante persoonlikhede soos die gewese Idols-finalis Jacques Terre'Blanche, Hykie Berg (akteur), Carmel Fisher (model en aktrise), Bonnie Henna (aktrise), Roxy Burger (televisie-aanbieder) en die model en aktrise Vanessa Haywood te sien.
Ander deelnemers sluit in Letshego Moshoeu (biokinetikus), Lukhanyo Nontshinga (rugbyspeler), Sean September (prokureur) en Tejan Pillay (ingenieur).
- Vir meer inligting besoek TimesLive.
- Volg Nuus24 op Twitter.