Survivor SA: Is Ashley die slang in die gras?
2010-02-25 12:03
Kaapstad – Soos die omstandighede op die Survivor eiland vererger en die verdraagsaamheid tussen mense afneem weet niemand meer wie veilig is nie, veral nie Sandi Schultz nie.
Sandi, beter bekend as Dr Jennifer Adams in Binnelanders, dink seker nou twee keer oor haar vertroue in die mense op die eiland nadat sy Woensdagaand onverwags uitgestem is.
Kan Ashley Hayden, wie Sade Giliberti as ‘n “slang” beskryf, blameer word vir Sandi se vliegtuigkaartjie terug huis toe?
- Lees meer by tonight.co.za