Survivor: Hierdie bekendes op eiland gestrand

2010-01-09 05:36
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira

Kaapstad. – ’n Ontkleedanseres, ’n vuurdanser, ’n paalspringer en spiertiere, blondines, modelle en musikante is onder die plaaslike bekendes in Survivor SA Santa Carolina, wat op 20 Januarie op M-Net begin.

Die derde Survivor SA is einde laas jaar op Paradys-eiland aan die Mosambiekse kus verfilm.

M-Net is so seker daarvan dat die betaalkanaal ’n TV-treffer op hande het dat advertensies op die program reeds R33 500 per advertensie kos.

Onder die 18 bekendes is Egoli-sterre soos Christina Storm en Izak Davel, wat in ’n klein swembroekie te sien gaan wees.

Survivor SA Santa Carolinais in hoëdefinisie (HD) verfilm en sal op M-Net se HD-kanaal (DStv 170) uitgesaai word.

Die Binnelanders-spelers Sandi Schultz (wat ’n vuurdanseres is) en Gys de Villiers gaan ook sake op die eiland uitspook, saam met M-Net se blonde kontinuïteitstem, Ashley Hayden.

Ander bekende blondines is Hanna Grobler, wat bekendheid verwerf het in kykNET se Getroud met Rugby, sowel as GiGi, die eksotiese ontkleedanseres van Poena is Koning.

Ander deelnemers sluit in die paalspringer Okkert Brits, die kragreus Garth Collins en die Pasella-aanbieder en voormalige Mej. SA Cindy Nell-Roberts.

Onder die musiekmakers is Jub Jub, die hip-hop-sanger ProVerb en die Pretoriase platejoggie Lady Lea. Dan is daar nog komediante soos Louw Venter van Rainbow Skellums, Kaseran Pillay en Darren Maule.

- Beeld

Lees meer oor: vermaak  |  bekendes  |  survivor

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.