Survivor: Ashley raak skelm

2010-04-01 07:44
Tweets Share Share line Print

Amanda de Lange en Deon Maas, Beeld.

Johannesburg - Die hoofspelers in dié week se episode van Survivor SA was ongetwyfeld Ashley Hayden en Izak Davel.

Ashley natuurlik weens haar oneindige gekonkel, en Izak omdat dit sý kop is wat gerol het.

Maar dis die manier waarop Izak uitgestem is wat eintlik die grootste punt van bespreking is. Dit het fyn beplanning van Ash­ley gekos om elkeen van haar mede-deelnemers te kry om presies te doen wat sy wou hê.

Sy het GiGi en Sade laat glo sy stem saam met hulle, Izak laat glo sy stem saam met hom en Kas en ProVerb mooitjies oorreed om die twee stemme elk-speletjie te speel.

Die grootste gevaar in dié gekonkel was natuurlik ProVerb, wat so ewe mooitjies gaan bieg het by Izak oor sy “lafhartige” skuif om in die vorige stamvergadering vir hom wat Izak is te stem. En toe belowe hy sal dit nie weer doen nie.

 Ironies genoeg, was dit waarskynlik die dapperste ding wat ProVerb in die hele reeks gedoen het: om ’n slag vir homself te dink en sy eie ding te doen.

Iedergeval, volgens Ashley se eie erkentenis raak sy by die week meer onderduims. Nietemin was die manier waarop sy van Izak ontslae geraak het ’n briljante skuif.

Dit was net asem ophou by die stamvergadering om te sien of almal gaan doen wat Mamma gesê het.

En toe gooi aanbieder Nico Panagio ook ’n klip in die bos deur almal daarop te wys dat Ashley die enigste een is wat nog nie stemme teen haar het nie.

Hopelik skrik hulle wakker en stel dié sakie reg. - Amanda de Lange

Reeks vol stereotipes

Daar is ’n lang argument oor of stereotipes gegrond is op feite en of dit gegrond is op persepsie. Hoe dit ook al sy, ’n mens kry stereotipes.

Omdat ons so ’n obsessie oor ras het, is daar baie stereotipes wat in hierdie stadium politiek inkorrek is om oor te praat.

Wel, ek kan nie die versoeking weerstaan om Celebrity Survivor te gebruik om te kyk na hierdie Suid-Afrikaanse stereotipes nie.

Om mee te begin het ons die uber-teef wat blond en wit is en duidelik van die regte kant van die spoorlyn af kom.

Dan is daar die skelm Indiër en die lui swart man, en om alles af te rond het jy die jong boerseun, wat dink dat hierdie speletjie van hom ’n man maak, al is daar vroue wat dit saam en somtyds beter as hy doen.

So Celebrity Survivor werk. Dit skop mooi nes tussen sosiale eksperiment en vermaaklikheid. Om die waarheid te sê werk dit so goed dat die program op die oomblik net 42 minute lank is (gewoonlik is so ’n program 48 minute lank).

Die rede daarvoor is natuurlik die lang toue wat adverteerders staan om op die program te verskyn.

Hierdie week se Hunters Dry-promosie is natuurlik ’n voorbeeld van hoe belaglik ver sulke promosies gevoer kan word.

So ’n mens moet wonder wie wen op die einde, synde Izak nou die rol van ’n kiem speel in ’n gratis vertoning by die Randse skou.

Was hierdie nie veronderstel om hulle profiel te verhoog nie? - Deon Maas

SMS en wen dalk

Beantwoord elke week die vrae oor Survivor South Africa: Santa Carolina en die kompetisiepryse, en jy kan een van vier gelukkige wenners in Vrydag! se spe­sia­le kompetisie wees.

Die pryse wat gewen kan word, is ’n HD PVR (sonder in­tekengeld) van DStv, ’n TomTom-GPS, ’n To­shiba- skootrekenaar en ’n Lapdesk met ’n webkamera en ’n koordlose muis van Logitech.

Speel só saam:

Beantwoord die onderstaande vrae. Daar sal oor die volgende twee weke elke week twee nuwe vrae wees om te beantwoord.

Jy kan elke week deelneem en soveel SMS-inskrywings stuur as wat jy wil. SMS’e kos R2 elk.

Alle korrekte antwoorde word oorgedra na die poel waaruit die wenners op 18 April getrek sal word. Daar sal egter ook elke week 20 gelukkige wenners wees wat vyf gratis bonus-inskrywings sal wen.

Stuur jou SMS’e met die slagwoord SURVIVOR, jou twee antwoorde en jou naam (in hierdie volgorde) na 37932.

Inskrywings moet ons voor 8 April om 12:00 bereik.

Voorbeeld: SURVIVOR ANTWOORD ANTWOORD NAAM.

Die antwoord op die Survivor-vraag kan elke week gevind word in die rubriek Survivor-Klets en die antwoord op die vraag oor die kompetisiepryse in die brokkie hiernaas.

Dié week se vrae:
1.Wie is die enigste deelnemer wat geen stemme teen haar het nie?
2.Wat neem die plek in van ­die “dual view”-funksie by die HD?PVR?

Die HD-PVR

’n Nuwe kenmerk op die HD PVR is die “Gunstelingkanale”- funksie. As jy dit kies, kry jy die volgende opsies:

’n Persoonlike TV-gids, met net die kanale wat jy gekies het.

’n Persoonlike kykomgewing (soos die boekette op ander dekodeerders) wat slegs jou gekose kanale insluit. )?Dit beteken dat, wanneer jy deur kanale soek, jy net die kanale sien wat jy gekies het.

’n Gunstelingkanaal-rooster – net soos die bestaande een, maar wat net jou gunstelingkanale insluit.

Alhoewel die HD PVR nie ’n ­“dual view”-PVR is nie (jy kan dus nie op twee TV-stelle na verskil­lende kanale kyk nie, kan jy die XtraView-funksie daarmee saam gebruik deur ’n bykomende dekodeerder aan jou HD-PVR te kop­pel.

Op dié manier bekom jy ’n tweede en in sommige gevalle selfs ’n derde kanaal.

- Beeld

Lees meer oor: vermaak  |  televisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.