Superster se skok-onthulling

2009-12-10 07:30
Tweets Share Share line Print

Anthonie Bougas

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Philip de Bruin

Kaapstad - Op die TV-program Supersterre het die jong sanger en akteur Anthonie Bougas as 15-jarige seun baie Suid-Afrikaners se harte gesteel.

Duisende kykers het hom in 2007 as dié program se Super Nova ingestem, maar niemand het geweet dat hy in die ergste pyn denkbaar was en moontlik binne ’n jaar in ’n rolstoel sou wees nie.

Bougas, van Kaapstad, is met artritis gebore. Toe hy 13 jaar oud was, het die siekte hom soms letterlik op sy knieë gedwing van die pyn.

“Ek het egter besluit om dit geheim te hou omdat ek nie wou hê mense moet van my hou omdat hulle simpatie met my het nie,” het hy gister uit Bloemfontein vertel.

Hy was daar om voorbrand te maak vir ’n reeks optredes by skole.

Bougas vertolk ook ’n rol in die kykNET-sepie Villa Rosa en sy CD’s is reeds in winkels beskikbaar.

“Ek het soms letterlik op die verhoog tydens die beoordeling van die Supersterre-reeks tande gekners van die pyn. Party dae kon ek nie uit my bed opstaan nie en my knieë was dikwels so groot soos rugbyballe geswel.

“My hele sangloopbaan was toe in die weegskaal. Ek kon geen bewegings op die verhoog uitvoer nie. Ek kon soms beswaarlik loop. Die artritis het só vererger dat ek my gereed moes maak om op 16 in ’n rolstoel te wees.”

Die wonderwerk van sy genesing is merkwaardig.

“Ek het een aand verlede jaar in ’n kerk opgetree. Ná my vertoning het die dominee gevra of daar iets is waarvoor hy vir my kan bid. Omdat ek my siekte tot dan toe geheim gehou het, het ek ’n oomblik getwyfel, maar hom toe daarvan vertel. Hy het vir my gebid.

“Dieselfde aand, by ’n ander kerk, het ek weer gesing en wéér het die dominee vir my gevra of hy spesiaal vir iets vir my kan bid. Ook hý het vir my gebid.

“Vier dae later het ek my gebruiklike afspraak by ’n spesialis gehad en hy het die gewone bloedtoetse geneem. Die uitslae het hom, my en my ouers verstom – daar was geen spoor van artritis meer nie.

“Ek dank God daarvoor dat hy die gebede verhoor het. Ek is tot vandag toe skoon en het geen pyn hoegenaamd meer nie.”

* Lees ’n volledige onderhoud met Bougas in die jongste uitgawe van die tydskrif Finesse.

- Beeld

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.