Supermodel dok op vir peperduur glansonthaal
2012-11-08 13:35
Nieu Delhi – Glans, swier en luuksheid was aan die orde van die dag toe die supermodel Naomi Campbell haar kêrel, Vladimir Doronin, se verjaardag in paleise in westelike Indië gevier het.
Debi Zornes, die supermodel se woordvoerder, het gesê die vierings van Doronin, 'n Russiese miljardêr, se 50ste verjaardag, het Dinsdagaand in die 15de-eeuse Mehrangarh Fort in die stad van Jodhpur plaasgevind.
Die feestelikhede het vuurwerke, tradisionele musiek, dans en 'n buffetete ingesluit.
Nóg 'n partytjie is Woensdagaand by die Udaipur Umaid Bhawan Palace, wat nou 'n hotel is, gehou.
Al 42 kamers by die paleishotel is vir Campbell se gaste bespreek.
Geen ander inligting was onmiddellik beskikbaar nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- Sapa - AP