Suksesvolle teaterstukke op kykNET te sien

2010-11-17 07:45
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein - ’n Skoot in die donker. So beskryf Albert Maritz die kans wat hy gewaag het om twee Afrikaanse woord- en musiekproduksies vir televisie aan te bied.

Maritz is die regisseur van Wyk en die meisies en Elders aan diens. Albei was groot gunstelinge op kunstefeeste. Nou kry ’n groter gehoor die kans om te sien waaroor die positiewe resensies gaan.

Die resensent Kobus Burger (destyds van Beeld) het Elders aan diensas “’n blink juweel” beskryf. Gerrit Brand (destyds van Die Burger) het in sy resensie gesê Wyk en die meisies“is smaakvol, deurleefd en passievol”.

Die opnames van albei produksies is voor ’n gehoor gedoen.

“Die omstandighede was nie perfek vir Wyk en die meisiesnie, maar met Elders aan dienskon ons tegnies meer moeite doen.

“Natuurlik het ’n mens meer beheer in ’n ateljee, maar ek hou van die onmiddellikheid en rouheid wat in ’n opname voor ’n gehoor verkry word.”

Hy droom daarvan om sy sukses-produksie Faan se trein ook te laat beeldsend. Nog ’n droom is om N.P. van Wyk Louw se Germanicus volledig op die planke te bring.

Elders aan diens bestaan uit verwerkings van Jeanne Goosen se gedigte. In die rolverdeling is Nicole Holm, Luna Paige en Van den Heever.

Hy het die twee produksies op die planke gebring om “die grootsheid van Afrikaans te vier en die digters opnuut onder die aandag van die publiek te bring”.

“Die stukke is nie kabaret in die ware sin van die woord nie, maar heilige koeie word tog opgegrawe en daar is ’n gees van oopheid in pas daarmee,” sê Maritz.

  • Wyk en die Meisies word op 29 November om 21:30 op en Elders aan diens op 6 Desember om 21:30 op kykNET uitgesaai.

- Volksblad

Lees meer oor: teater  |  kyknet  |  televisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.