Sukkelende sepie gly binnekort van M-Net na kykNET

2010-08-27 07:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – M-Net is klaar met die sepie Binneland Sub Judice,wat einde Maart volgende jaar van die betaalkanaal sal verdwyn.

Binneland Sub Judice,wat weeksdae om 18:00 op M-Net enkykNET uitgesaai is, sal nou na kykNET skuif, wat besluit het om die sepie oor te neem en reeds die sepie Villa Rosa uitsaai.

In April sal dit die eerste keer in byna 20 jaar wees dat daar moontlik nie op weeksdae ’n plaaslike sepie op M-Net uitgesaai sal word nie nadat M-Net vroeër vanjaar ook Egoli weggedoen het. Die uitsaaier volg die Amerikaanse tendens waar sepies se gewildheid daal weens die groeiende gewildheid van realiteitsreekse.

M-Net sou die tydgleuf egter met ’n nuwe sepie kon vervang en die betaalkanaal is besig om die moontlikheid van ’n nuwe sepie te ondersoek.

Binnelanders het in Oktober 2005 op M-Net begin en het in April ’n naamsverandering na Binneland Sub Judice ondergaan toe die regswêreld by die hospitaaldrama gevoeg is. Die sepie is ook van ’n halfuur na ’n uur lange uitsending verleng. Die Sub Judice-uitbreiding met ’n vergrote nuwe rolverdeling en stelle wat teen groot koste geskep is, was egter nie suksesvol nie.

Volgens M-Net sal die program terugkeer na ’n halfuur lange tydgleuf met die regsaspek wat geskrap gaan word wanneer dit na kykNET oorgaan.

Die naam behoort ook na verwagting na net Binnelanders terug te verander.

“In die vinnig veranderende wêreld van televisie is dit belangrik om deurlopend navorsing te doen oor die behoeftes van kykers en om ons programaanbod dienooreenkomstig aan te pas,” het mnr. Theo Erasmus, direkteur vir M-Net se algemene vermaakkanale, oor die besluit gesê.

Ingeligtes op stel het gister aan Die Burger gesê hulle is Woensdag ingelig dat die program sal terugkeer na net ’n halfuur en ’n kyk­NET-produksie word.

“Almal is te besig om daaroor te dink om te weet wat hulle regtig daarvan dink. Dit maak nie ’n opskudding nie. Niemand is omgekrap nie.

“Daar sal nie werklik groot draaiboekveranderinge nodig wees nie,” het ’n bron gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: m-net  |  sepies

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.