Suider-Afrika se flieks op SABC uitgesaai
2010-03-23 19:22
Kaapstad - Love - Stories in a time of HIV & AIDS is ‘n reeks van 10 halfuur-lange films van 10 lande in Suidelike Afrika wat daarop gemik is om die fasette van die liefde te ondersoek.
Die reeks sal op Woensdae om 20:30 op SABC1 uitgesaai word en begin op 24 Maart.
Die reeks, wat uit navorsing geskep is, maak deel uit van OneLove, die MIV-voorkomingsveldtog wat die kwessie van losbandigheid aanvat.
Die reeks mik daarop om te bou op die sukses van die Untold-televisiereeks wat internasionale erkenning ontvang het en by internasionale filmfeeste in Europa en Amerika gewys is.
Lees meer by bizcommunity.com