Strengste Kaap-ouers word dalk net beroemd
2011-04-07 09:32
Londen - Die BBC se dokumentêre TV-reeks World’s Stricktest Parents het ouers van Kaapstad gevra om aan hulle nuwe reeks in Suid-Afrika deel te neem.
Dié reeks bekyk die belangrike en aktuele kwessie van ouerskap deur verskillende tegnieke en familiewaardes van oor die wêreld heen te ondersoek.
Tydens elke uur lange program word twee Britse tieners gestuur om by ‘n oorsese familie te gaan bly en die lewe in die gesin se land te ondervind en met hulle huisreëls saam te leef.
“Ons wil wys dat Suid-Afrika ‘n inspirerende plek is om te bly deur ouers te wys wat in dissipline, grense en respek glo en terselfdertyd vooruitgang en ontwikkeling verwelkom,” het Rebecca Symons, die vervaardiger, gesê.
- Kliek hier vir die volledige artikel.
- Volg Nuus24 op Twitter.