Streisand sing by die Grammy's
2011-02-09 22:00
Los Angeles – Barbara Streisand sal die komende naweek by die Grammy-toekennings wys hoekom sy as ‘n sanglegende beskou word.
Sy is een van die kunstenaars wat vanjaar by die toekennings sal optree.
Haar album, “Love is The Answer”, mag dalk ook sorg dat sy met ‘n Grammy huis toe gaan.
Kris Kristofferson, ‘n legende in sy eie reg, sal op die aand dié diva se optrede aankondig.
Mick Jagger sal ook blykbaar vir die eerste keer by die Grammy’s optree.
Ander kunstenaars waarna die gehoor kan uitsien is Eminem, Cee Lo Green, Gwyneth Paltrow, Arcade Fire en Justin Bieber.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA