Straatkunstenaar wat in 3D verf eersdaags in SA
2010-11-11 08:47
Die Burger
Kaapstad – ’n Bekende straatkunstenaar, Manfred Stader, kom Sondag in Suid-Afrika aan om sy kuns hier bekend te stel.
Dit sal sy eerste besoek aan die land wees.
Stader, van Duitsland, het die wêreld al deurreis om sy straatskildervernuf ten toon te stel.
Sy werk is bekend vir die driedimensionele optiese illusie wat dit skep.
Stader sal ’n nuwe kunswerk in die Canal Walk-winkelsentrum skep. Dit sal op Donderdag 18 November bekend gestel word.
“Hy sal een van sy nuwe kunswerke by die konsepwinkel van die nuwe Speedo-winkel uitstal,” het Karen du Toit van die bemarkingsmaatskappy DTMSA gesê.
Ons weet nog nie wat hy gaan verf nie, want dit gaan ’n verrassing wees, het sy gesê.
- Die Burger