Stories vir SA-mark moet ontwikkel word

2010-07-28 09:21
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Durban - Suid-Afrikaners wil nie Suid-Afrikaanse rolprente sien nie.

Só het Clarence Hamilton, hoof van produksie en ontwikkeling van die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF), tydens ’n paneelbespreking op die 31ste internasionale rolprentfees in Durban gesê.

Die bespreking heet “The NFVF defines its Role as a ­National Custodian of Film”.

“Plaaslike prente verdien ­minder as 0,8% van die algehele loketinkomste per jaar. As jy in ag neem dat die deursnit-rolprent tussen R7 miljoen en R8 miljoen kos om te vervaardig en ’n prent verdien minder as R1 miljoen by die loket, kan ons nie van ’n volhoubare bedryf praat nie.” Hy sê slegs Leon Schuster se prente en Afri­kaanse tienerkomedies vaar goed by die plaaslike loket.

Die NFVF hoop om die gemiddeld van tien prente per jaar ­binne die volgende dekade na 35 te vermeerder. Dit is dan ­dieselfde vlak as in 1994 toe daar groter ­regeringsubsidies was. Voorts wil hulle bywoning ook aan­wakker en hoop om dit te ver­dubbel in die volgende paar jaar.

Hamilton meen die probleem lê veral by die draaiboeke. ­“Stories wat by Suid-Afrikaners ­aanklank vind, moet gevind en ontwikkel word.”

Daarom het die NFVF, wat in 1997 gestig is om die groei en ontwikkeling van die plaaslike ­bedryf aan te help, die Sebida Spark-program in 2007 begin.

“Ons begin binnekort met die derde aflewering daarvan. Skrywers wat interessante en werkbare idees voorlê, maar nog nie vollengte-draaiboeke kan ontwikkel nie, word hier gehelp.”

Die program behels slypskole en werksessies in byvoorbeeld karakterbou, dialoog, die ontwikkeling van plot en sub-plot. Daar is ook ’n meesterprogram. Die kandidate moet egter reeds tersiêre opleiding hê, aan ’n ­rolprentinstansie gestudeer het, of in die bedryf werksaam wees.

Hamilton ondervind dat skrywers veral gedruk moet word om sterk stelling in te neem of om ’n andersoortige argument te stel. “Ons Grondwet ondersteun die vryheid van uitdrukking, tog vind ons nie die volle uitleef daarvan in ons draaiboeke nie.”

Sy woorde is beaam deur Ryan Haidarian, hoof van nuwe ­projekte van die NFVF. “Ons moet ’n posisie bereik waar ons eerder om vergifnis moet vra as om toestemming.”

Een van die rolprente, wat tans ontwikkel word deur die NFVF is Othello Burning. “Dit is ’n ­komiese rolprent in Zoeloe en handel oor ’n klompie swart branderplankryers. Dit speel in Durban af.”

Haidarian vervolg dat reeds die ­afgelope vier jaar aan die prent gewerk word. “Die rolprentmakers het na ons gekom met ’n draaiboek wat hulle ­gedink het oor ses maande verfilm kan word. Die werklikheid is dat rolprente veel langer neem om die silwerdoek te haal.”

Vanjaar neem 43 jong ­rolprentmakers van 20 Afrika-lande deel aan die derde Talent ­Campus Durban. Dit behels ’n ­intense opleidingsprogram van slypskole en seminare onder ­leiding van plaaslike en inter­nasionale rolprentlui.

Dit word in samewerking met die Berlinale Talent Campus aangebied wat die opleidingskomponent van die Berlynse ­rolprentfees is.

Die Talent Campus Durban toon reeds sukses – vorige ­studente se prente draai op die fees. Caroline Kamya van ­Uganda se Imani draai en Jonathan Boynton se Jozi Kings het sy ­première vanjaar op die fees.

Daarby het ’n vorige student, Jessy Chisi van Zambië, vanjaar haar projek Women on Hold by die FilmMart voorgelê.

Plaaslike hebbelikhede in dié films tref

Twee Suid-Afrikaanse rolprente trek die aandag op die Durbanse inter­nasionale filmfees: Paradise Stop en The Battle for Johannesburg.

Alles loop lelik skeef vir Potso, ’n speurder in ’n dorpie in die heerlike Suid-Afrikaanse komedie Paradise Stop van Jann Turner.

Dit is die skeppers van die wegholtreffer White Wedding se tweede prent en gaan gewis ook gehore oorrompel. Rapulana Seiphemo en ­Kenneth Nkosi speel weer die ­hoofrolle en lewer ratse komedie met ­uithaler-tydsberekening.

Potso (Seiphemo) en Ben (Nkosi) is vriende, maar Potso wis nie dat Ben ’n misdadiger is nie; hy is betrokke by die kaping van groot vrag­motors. ’n Kaping loop skeef en die arme Potso moet uithelp. Die komedie is skerp met gereelde dwarsklappe na Suid-Afrikaanse hebbelikhede soos ’n ­sekere jeugleier se stommighede, vet­kat-burgemeesters, polisiemanne wat “verlei” kan word, en so meer.

Dit is aweregse komedie wat op die leeu se snorbaard dans.

Terloop, dit is pas bekend dat ­White Wedding vroeg September in Los Angeles en New York op die kringloop gaan draai.

Van ’n gehuggie in Paradise Stop na ’n wêreldstad. Die dokumentêre rolprentmakers Rehad Desai en ­Darryl Els se The Battle for Johannesburg toon hoe eiendomsontwikkelaars die stad probeer omskep in ’n ­wêreldstad ter voorbereiding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Die ontwikkelaars se ingrypings het ’n radikale uitwerking op die stad se armste inwoners. Diegene wat woon in die sogenaamde ­gekaapte geboue, waar geen ­elektrisiteit of water is nie, is aan die krottemelkers uit­gelewer.

Desai praat met ontwikkelaars, verteenwoordigers van die stadsraad en inwoners, en vergesel die ­polisie op klopjagte saam met die Rooi Miere, die “skoonmakers” wat mense uitsit op straat. Ironies ­genoeg woon die werkers (Rooi Miere) ook in sulke krotte in die stad.

Die moderne stad wat die ­ont­wikkelaars in hul verbeelding sien, strook nie met Desai se bevindinge nie. Die prent is oor drie jaar ­ontwikkel en toon dat daar dringend ­herbesin moet word. Die “nuwe” ­Johannesburg se eerste “bou­blokke” is sy armste inwoners.

Hierdie rolprent word in Augustus op die Encouters-filmfees in Kaapstad gewys.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2010
R 259,990.00

CHEVROLET

CAPTIVA 2.2D LTZ 4X4 AT
2012
R 424,000.00

VOLVO

S40 2.4i
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.