Stories lóóp oor Tiger

2009-11-30 07:34
Tweets Share Share line Print

Het Tiger Woods se vrou, Elin Nordegren, hom met ’n gholfstok bygedam oor sy beweerde verhouding met ’n kelnerin?

Gerugte is volop ná die ongeluk waarin die wêreld se beste gholfspeler Vrydag in die vroeë oggendure sy lippe gesny het.

“Só baie vrae wat in die lug hang, soos waarheen hy só laat op pad was, en gerugte op die internet blaas net die vure aan,” het ’n bemarkingsdeskundige gister volgens Sapa-AP gesê.

Woods se ongeluk buite sy huis in die eksklusiewe Isleworth-veiligheidskompleks naby Orlando, Florida in die VSA, volg twee dae ná ’n berig in die National Enquirer dat Woods deurmekaar is met ’n nagklub-kelner van New York en dat hulle onlangs saam in Melbourne, Australië, was waar Woods in die Australiese Meesterstoernooi gespeel het.

Die vrou, me. Rachel Uchitel, het die verhouding ontken.

Woods se Cadillac het omstreeks 02:25 ’n brandweerkraan en ’n boom buite sy inrit getref.

Volgens die polisie was Woods se lippe gesny en was daar bloed in sy mond toe hulle op die toneel opgedaag het.

Die plaaslike polisiehoof, mnr. Daniel Saylor, het gesê mev. Woods het die agtervenster van sy voertuig met ’n gholfstok gebreek om hom uit die voertuig te help.

“Dit is ongewoon dat ons nog nie ’n verklaring het nie,” het die polisie gesê. “Dit vertraag net die afhandeling van die ondersoek.”

Die bande van die noodoproep sou gister uitgereik word.

- Die Burger

 

Lees meer oor: tiger woods

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.