Steyn se seun vaar uit ná konsert: ‘Geldwolf!’

2012-01-29 08:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Witwarm woordestryd met oor-en-weer-beskuldigings van geldgierigheid het losgebars tussen die seun van die siek pianis Christa Steyn en die organiseerder van ’n konsert ten bate van sy ma.

Die twis gaan oor die skamele bedrag wat uiteindelik in Steyn se sak beland het.

Rika Vermeulen (51), eienaar van Maniac Music, wat die konsert gereël het, het onder druk ­altesame R5 600 by ’n aanvanklike R6 000 aan Steyn oorbetaal.

Maar oor die geld wat sy vir haarself gevat het is sy glad nie jammer nie, het sy gister gesê. Trouens, sy is teleurgesteld in die Steyn-familie.

Bitter teleurgesteld.

Vermeulen sê sy voel seergemaak deur die bedlêende Christa en haar seun, Douw Steyn.

Borskanker is by Steyn gediagnoseer en sy is die afgelope sewe maande al feitlik in haar kamer gekluister.

Vermeulen het in November verlede jaar die konsert gereël. Altesame 37 kunstenaars, onder wie David Kramer, Anton Goosen en Valiant Swart, het opgetree en die aktrise Lizz Meiring was die aanbieder.

Sowat R39 000 is ingesamel en nadat alles betaal is, het byna R17 000 oorgebly.

Vermeulen het twee derdes van die wins van die konsert gevat en sowat R6 000 aan Steyn oorbetaal.

Ná druk van die Steyns die afgelope week het Vermeulen ’n bykomende R5 600 betaal.

“Ek is bitter jammer vir waardeur die familie gaan, maar hul gedrag verstom my,” het Vermeulen gesê.

“Die geld wat ek gehou het, dek nie naastenby my selfoonrekening, internet en petrolgebruik vir die reëlings nie.”

Douw het Vermeulen gister ’n geldwolf genoem.

“As sy van die begin af eerlik was en gesê het hulle bring ’n onafhanklike produksie op die been, sou ons dit verstaan het.

“Maar Rika het beloof al die geld kom na my ma toe vir haar mediese koste. My ma kan nie vir haarself baklei nie. Iemand moet dit vir haar doen,” het hy gesê.

“Daardie geld was nooit Rika s’n nie.”

Die konsert is swak bygewoon met net 278 van die 1 200 sitplekke gevul.

Kunstenaars het ver gery.

Sommige het self vir hul vervoer betaal en ander moes geborg word.

Die Steyns het Vermeulen ná die konsert na ’n restaurant geneem om dankie te sê.

Maar toe die winste twee weke later in Steyn se rekening betaal word, het Douw begin kapsie maak.

Vermeulen beskuldig Douw daar­van dat hy geldgierig is en onnodig kwaad stook.

“Net omdat ek die laaste betaling Vrydag (eergister) gedoen het, beteken nie ek is skuldig aan enigiets nie.

“Ons het ook uitgawes gehad. Trouens, ons moes baie geld inbetaal. En ek het nog nie ’n dankie van Christa of Douw gekry nie.”

Meiring het die afgelope week gesê daar moet eerder gekonsentreer word op Steyn se gesondheid en nie op die negatiewe nie.

Die musiekpromotor Louis van Wyk sê dis belangrik dat alle partye verstaan wat die doel van die projek is. “Ek is maar skepties oor hierdie goed, want iewers wil iemand geld probeer score.”

Ian Bossert, ’n musiekkenner, sê die beste is om onafhanklike ouditeure aan te stel om die geldsake te hanteer. “Al die partye was duidelik nie bewus van wat met die winste gedoen sou word nie.”

Hein Kaiser van RedStar Communication vra as alle koste afgetrek is, hoekom moes die organiseerders dan nog geld gekry het?

* Christa se gesondheid verswak. Volgens Douw het sy Donderdagoggend haar tiende chemo­terapiesessie ondergaan.

Hy sê die primêre kanker het in haar bors versprei.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: christa steyn

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.