Steve sê hy sal nie beledig op ‘Idols’

2010-03-19 08:03
Tweets Share Share line Print

Amanda de Lange, Beeld

Johannesburg - Steve Hofmeyr het ’n broertjie dood aan ouers wat dink hul kinders kan sing en dan klink die kind soos ’n kat wat aan sy stert rondgeswaai word.

Maar wanneer hy op 17 April in die Gateway-winkelsentrum in Durban agter die tafel inskuif as ’n beoordelaar vir Idols, sal hy nie beledigend raak nie.

En hy sal ook nie huiwer om te verskil met Randall Abrahams, Mara Louw en Gareth Cliff, sy mede-beoordelaars, nie.

“Ek sal beslis baie reguit wees en my opinie oordra, maar ek stem nie saam met die Randall-ding nie. Hy was al dikwels neerhalend teenoor iemand vir wie ek ’n plek in die musiekbedryf kon sien.”

Hofmeyr sê hy is baie opgewonde oor die geleentheid.

“Ek is baie gelukkig as ek kan bydra tot die ontwikkeling van jong, potensiële sangloopbane. Maar om die talent te beoordeel is vir my belangriker as goeie TV, daarom gaan ek nie neerhalend wees nie.”

Hy het sy eie lysie waarvolgens hy sal beoordeel, sê hy. “Die liedjiekeuse en genre is net so belangrik as talent. En daar moet ’n mark wees vir hul musiek in Suid-Afrika.”

Omdat hy self ’n sanger is, is voorkoms nie vir hom belangrik nie.

“Maar dit is vir die mark belangrik. Daar is platemaatskappye wat vir jou sal sê hulle kan jou nie vat nie, maak nie saak hóé goed jou stem is nie, omdat jy nie die regte voorkoms het nie.

“Dan is daar natuurlik die simpatie-stem. Dink maar aan Susan Boyle van Engeland. Daar is ’n sekere nederigheid by party mense wat hulle baie gewild maak. En as jy arrogant wil wees, moet jy seker wees jy kan dit goed bestuur.”

Hofmeyr, wat ook al as gasbeoordelaar in Supersterre opgetree het, sê hy is baie opgewonde om weer die geleentheid te kry om aan jong talent te slyp.

Hofmeyr meen ook dat daar nog baie ruimte in die Afrikaanse mark is vir nuwe talent.

“In die Afrikaanse mark is sterk sangers nie noodwendig belangrik nie. Dit is mense wat ’n following kry omdat hulle aan jou hart raak.”

- Beeld
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: steve hofmeyr  |  idols

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.