'Steve, jy’t my te ver gedruk'

2010-04-16 08:34
Tweets Share Share line Print

Dorette Marais

Kaapstad - Die vrou met wie Steve Hofmeyr in die geheim vir 14 jaar lank ’n verhouding gehad het, het onlangs op die sosiale netwerk Facebook beweer dié sanger maak haar lewe ‘n lewende hel.

Christina Bergh (32) het op beide haar eie Facebook-profiel en op Hofmeyr se aanhangersbladsy verskeie kere Hofmeyr beledig tot so 'n mate ander aanhangers haar daarvan beskuldig het dat sy haar “vuil wasgoed in die publiek was”.

Bergh meen Hofmeyr sleep haar naam deur die modder, en dat hy haar te ver gedruk het.

“Vir die intelligente man wat jy blykbaar is maak jy vrouens uit as hoere waarmee jy gewilliglik in die bed gespring het. Ek dink jy moet jouself inboek vir seksterapie! Maar nie eens dit sal help nie. Jou siel moet gered word van die duiwel. Hou op om my naam deur die modder te sleep,“ het sy Donderdag op Hofmeyr se aanhangersblad geskryf.

In ‘n ander inskrywing wat sy Woensdag gemaak het meen sy Hofmeyr is net so skuldig aan wat moontlik na dié twee se buite-egtelike verhouding verwys.

“Watter man noem ‘n vrou ‘n hoer as hy self net so skuldig is. Jy gaan nie wegkom hiermee nie Steve. Jy is besig om my lewe ‘n lewende hel te maak met jou oppervlakkige kinderagtige opmerkings. Ek sal bid vir jou siel,” sê sy.

Dis nie bekend wat aanleiding gegee het tot Bergh se uitlatings nie, en Hofmeyr het ook nie op enige van haar kommentaar geantwoord nie.

Bergh, ‘n eiendomsagent, het verlede jaar aan Huisgenoot vertel dat sy Hofmeyr by ’n konsert in Pretoria ontmoet het toe sy as matriekleerling van 18 saam met vriendinne sy handtekening gaan vra het.

Sy het toe gesê dat sy en Hofmeyr mekaar net ’n paar keer per jaar gesien het.

Op haar eie Facebook-blad het Bergh op 17 Februarie vanjaar gesê dat sy besig is om ‘n boek te skryf wat aan die einde van vanjaar uitgegee sal word.

“Jy het my te ver gedruk. Jy het geen reg gehad nie,” lees die mees onlangse inskrywing op haar eie Facebook-blad.

-Nuus24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: steve hofmeyr  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
240 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Software Engineers

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R35000 - R50000

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.