Steve en Janine wil trou ná egskeiding

2011-12-10 09:01
Tweets Share Share line Print

George. – Die Afrikaanse superster Steve Hofmeyr gaan met sy geliefde Janine van der Vyver trou sodra sy egskeiding gefinaliseer is.

Hy en Van der Vyver het in September verloof geraak, maar hy is nog wetlik met Natasha Sutherland getroud.

Hofmeyr tree Sondag saam met Bok van Blerk op ’n Afrikaanse musiekfees op wat op die gholflandgoed Fancourt gehou word.

Hy kom Sondagoggend hier aan en bring Janine saam. “Ons sal die troudatum gee sodra die skeidatum gefinaliseer is,” het hy Vrydag aan Volksblad gesê.

Hofmeyr en Van Blerk sou in Oktober aan die konsert deelgeneem het, maar dit moes weens reënweer uitgestel word.

’n Opgewekte Hofmeyr het gesê hy sien daarna uit om na George te kom. “Ek is baie opgewonde.”

Janine kom saam. “Ek kom vir haar die Outeniekwa wys.”

Dit gaan goed met hom. Die Afrikaanse rolprent Platteland waarin hy saam met Van Blerk speel, doen baie goed by die loket. “Dit is nie ’n kunsrolprent nie, maar ook nie ’n bubblegum-fliek nie. Dit is so tussenin.”

In die aanloop tot Kersfees het hy ’n spesifieke Kersfeeswens dat die uitgeskopte ANC-jeugleier, Julius Malema, moet terugkom.

“Ek is so verveeld, ek kan vrek sonder hom.”

Dit sal die eerste keer wees dat hy van sy nuwe liedjies op die Tuinroete kom sing. Hy gaan ook ’n paar ou treffers, soos Pampoen en die Blou Bul, sing.

Van Blerk het gesê hy sien ook baie uit na Sondag se konsert. Hy gaan ná die tyd op George agterbly om gholf te speel en te ontspan.

Op Saterdag 17 Desember is hy op die verhoog op Stilbaai, op 19 Desember op Jeffreysbaai en op 20 Desember op Mosselbaai. Daarna gaan hy in Mosambiek vakansie hou.

Hy en Hofmeyr kom baie goed oor die weg. Sondag is hulle saam op die verhoog, maar hulle kry nie deur die jaar baie tyd om saam op te tree nie.

Van Blerk het gesê daar is ’n groot oplewing in Afrikaanse musiek.

Ondanks die moeilike ekonomiese tye, luister mense nog na Afrikaanse musiek. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.