Steve Hofmeyr skryf 'n nuwe boek
2010-02-17 10:03
Kaapstad - Die sanger Steve Hofmeyr sal sy nuwe boek in April vanjaar by die jaarlikse KKNK-fees bekendstel.
Ná sy topverkoper-biografie, Mense van my asem, volg sy debuut as prosaskrywer, Vier Briewe vir Jan Ellis. Dit is ‘n verhaal wat hom aan die Weskus van Suid-Afrika afspeel en getuig volgens die uitgewers van Hofmeyr se "kennis van sy grond, sy land en sy mense".
“Dié kragtige" verhaal handel om 'n onskuldige posbode wat weens 'n sameloop van omstandighede in groot moeilikheid beland. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en 'n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat,” berig die tydskrif Sarie.
Lees meer by www.sarie.com.