Ster wou kangeroes hê
2009-10-15 09:22
Sydney – Kristen Bell, die ster van Couples Retreat het erken sy was teleurgesteld dat sy nie deur kangeroes op die Sydney-lughawe verwelkom was nie.
Bell is tans op ‘n bemarkingstoer in dié land. Nie net het dié 29-jarige verwag dat kangeroes haar sou verwelkom nie, maar sy het ook gehoop om ‘n drukkie by een van hulle te kry.
“Net soos elke ander simpel Amerikaner, het ek aangeneem dat kangeroes ons by die lughawe sou ontmoet, en dat hulle ook ‘n drukkie wou hê so graag soos wat ons hulle wil vashou.”
“Dit is regtig die perspektief wat ons in Amerika het.”
Bell, wat ook in die gewilde televisiereeks Gossip Girl speel, sê sy het gou haar kennis oor dié diere verbreed met ‘n uitstappie na Sydney se dieretuin.
“Ek het ook uitgevind oor koalabere en hoe bloekombome hulle ‘hoog’ maak, en hoekom hulle heeldag slaap,” het Bell gesê.
- Sapa-AFP