Ster van 'The Usual Suspects' verloor stryd teen kanker
2011-01-03 16:05
Londen – Die Oscar-benoemde akteur, Pete Postlethwaite, wat bekend is vir sy rolle in The Usual Suspects en In the Name of the Father, is in die ouderdom van 62 oorlede.
‘n Joernalis en vriend van Postlethwaite, Andrew Richardson, sê die Oscar-benoemde akteur het vreedsaam in ‘n hospitaal in Shropshire gesterf.
Postlethwaite het aan kanker gely.
Hy het in 1993 ‘n Oscar-benoeming vir sy rol in In the Name of the Father gekry.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA