Ster van M-A-S-H oorlede
2011-12-07 22:40
Los Angeles – Die emmy-bekroonde akteur Harry Morgan, wat
veral bekend was vir sy rol as Kol. Porter in die televisiereeks M-A-S-H, is op die ouderdom van 96
oorlede.
Volgens sy skoondogter, Beth Morgan, is die
akteur by sy huis in Brentwood, Kalifornië oorlede nadat hy longontsteking opgedoen
het.
Morgan het op die silwerdoek meestal
byrolle vertolk, onder andere saam met sterre soos Henry Fonda,
Johna Wayne, James Garner en Elvis Presley.
Hy het groot sukses behaal met televisiereekse
soos December Bride en Dragnet, maar sal veral onthou word vir sy rol as Kol.
Sherman Porter in M-A-S-H, waarvoor hy 'n Emmy-toekenning gewen het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA