Ster van Boney M sterf
2010-12-30 21:01
Amsterdam – Bobby Farrell, die Hollandse popster van die groep Boney M, is in die ouderdom van 61 in Rusland oorlede, het sy agent Donderdag gesê.
John Seine het aan die Hollandse nuusagentskap ANP vertel dat Farrell, wat die enigste manlike lid van die groep was, in ‘n hotelkamer in St Petersburg oorlede is.
Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie.
Farrell, wat bekend was vir sy diep stem en energieke danspassies, het Woensdagaand saam met sy groep in die Russiese stad opgetree. Hulle het ook beplan om na Italië te reis.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA