Ster van 30 Rock sterk aan na nieroorplanting
2010-12-21 11:15
Los Angeles – Die komediant, Tracy Morgan, sterk goed aan na hy vroeër die maand ’n nieroorplanting ondergaan het, berig wenn.com.
Die ster van 30 Rock, wat ook ’n diabeet is, sal die vakansie gebruik om ten volle te herstel en sal net twee episodes van die gewilde reeks misloop.
Grizz Chapman, een van Morgan se mede-akteurs in 30 Rock, het ook vanjaar ’n nieroorplanting ondergaan.
- Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter