Stel van Twilight ontruim weens tsoenami-waarskuwing
2011-03-14 10:29
Japan – Die stel van The Twilight Saga is op 11 Maart ontruim weens ‘n tsoenami waarskuwing.
Dít kom nadat ‘n aardbewing van 8.9 en ‘n reuse-tsoenami Japan Vrydagoggend getref het. Waarskuwings is so ver as die Stille Oseaan, insluitend Vancouver-eiland in Kanada, waar The Twilight Saga: Breaking Dawn tans verfilm word, uitgereik.
Al die akteurs en lede van die personeel, insluitend Kristen Stewart en Taylor Lautner, is veilig weg van die eiland geneem.
Die aardbewing en naskokke het daartoe gelei dat tsoenami-waarskuwings reeds in 50 lande uitgereik is.
Duisende mense het gesterf.
- Vir meer inligting besoek iafrica.com.
- Volg Nuus24 op Twitter.