Stap lekkerlooproete vir U2-konsert

2011-02-11 07:59
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Tienduisende musiekliefhebbers en pretsoekers gaan die Kaap se strate volgende Vrydagaand oorneem.

Meer as 70 000 mense gaan per trein en bus en te voet na die Kaapstad-stadion opruk vir die supergroep U2 se 360°-konsert.

Die organiseerders van die konsert en ander vermaak verwag dat tot 100 000 op die lekkerlooproete sal saamtrek.

Dié keer gaan daar nie, soos tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, blêrende vuvuzelas op die lekkerlooproete wees nie, maar musiek van U2 en muurpanele wat tonele van die groep se optredes uitbeeld.

Die pret en plesier begin reeds om 15:30 op die roete van die stasie na die stadion. Die hekke van die stadion open om 16:30 en die konsert begin stiptelik om 19:30.

Natalie Perreira van Celebrity Services Africa, die onderneming wat die roete vir die konsert bestuur, het gesê die lekkerlooproete vorm ’n integrale deel van die konsert.

Groot muurpanele wat U2 se geskiedenis en elemente uit hul top-albums uitbeeld, sal langs die roete opgerig word. Beelde uit hul video-opname vir “Streets With No Name” sal ook uitgebeeld word, terwyl artieste op stelte, musikante en ander vermaak oral aangebied word.

Lesley de Reuck, stadiondirekteur, het gesê die roete sal nie net die veiligste en maklikste manier wees om by die stadion te kom nie, maar dit sal aan almal ’n unieke ervaring van Kaapstad bied.

Pieter Cronjé, woordvoerder van die Kaapse stadsraad, het by navraag gesê konsertgangers sal ook weer met gratis pendelbusse by die stadion kan kom.

Die raad voorsien ook ander munisipale dienste vir die konsert, maar dit sal nie die belastingbetaler se sak raak nie. “Die stadion word vir R1,2 miljoen verhuur en die raad raam dat hy ’n netto-wins van R500 000 sal maak.

“Konsertgangers word aangemoedig om openbare vervoer te gebruik om te verseker dat hulle betyds by die stadion kom. Metrorail reël ook bykomende treine om mense ná die konsert by die huis te kry.”

Veilige en gratis parkeerplekke word verskaf by die stasies van Athlone, Brackenfell, Claremont, Kuilsrivier, Mitchells Plain, Ottery, Retreat en die Strand.

Parkeer-en-ry-geriewe sal ook teen ’n klein bedraggie beskikbaar wees in Oostersee en by die Hoërskool Settlers, by GrandWest in Goodwood, Ratanga Junction in Century City en in Vishoek.

Peter Sole, bestuurder van die munisipale vervoernetwerk, het gesê pendeldienste sal ook van parkeer-en-ry-geriewe in Houtbaai, Kampsbaai en die Universiteit van Kaapstad aangebied word.

“Geen parkeerplek sal by die stadion en in die omgewing beskikbaar wees nie, en in die middestad sal net beperkte plek wees.”

Vervoerdienste-inligting kan verkry word by 008 006 56463 of www.capetown.gov.za.

Lees meer oor: kaapstad-stadion  |  vermaak  |  musiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.