Stand and Deliver-onnie oorlede
2010-04-01 11:14
Kaapstad – Jaime Escalante, ‘n wiskunde-onderwyser wat minder bevoorregte kinders in Los Angeles geïnspireer het om te leer en sodoende ook die film Stand and Deliver geïnspireer het, is Dinsdag oorlede.
Hy was 79 jaar oud.
Escalante was ‘n onderwyser by Garfield Hoërskool in Los Angeles en het die studente se lewens verander met sy inspirerende en dikwels onkonvensionele onderwysmetodes.
Sy sukses met dié skool het die fliek Stand and Deliver, met Edward James Olmos in die hoofrol, geïnspireer.
“Escalante het ongelooflik baie vir soveel mense beteken,” het Olmos gesê.
– Sapa