Splinternuwe realiteitsreeks begin
2010-03-31 15:00
Kaapstad – Die splinternuwe plaaslike realiteitsreeks, Style Intern, sal Vrydag op M-Net Series, kanaal 110 op DSTV, te sien wees.
Dié reeks word deur Fair Lady aangebied en volg min of meer dieselfde trant as Running in Heels wat onlangs op BBC te sien was.
Honderde kandidate het ingeskryf, maar op die ou end sal slegs een gelukkige wenner by Fair Lady kan werk.
Kykers kan uitsien na al die drama, aksie en skinder wat op kamera vasgelê word terwyl die kandidate spook vir hul plekkie in die son.
Dit begin met ‘n lys van 20 kandidate wat afgebeitel word in ‘n reeks senutergende onderhoude.
Diegene wat oorleef, kry die geleentheid om in ‘n luukse Kaapstad woning te gaan bly.
Van daar af volg die reeks die gelukkige wenners terwyl hulle hard werk om hul plek te behou.
Kliek hier vir meer inligting op Fairlady se webblad.