Spielberg, Kidman aanbieders by Golden Globes
2009-12-30 13:40
Hollywood - Steven Spielberg, Nicole Kidman en die ster van die rolprent “Avator”, Sam Worthington, sal hul by die lys van persoonlikhede aansluit wat die Golden Globe-toekennings in Januarie gaan aanbied.
Die Hollywood Foreign Press Association het gesê dié drie sterre sal help om die gesogte beeldjies by die jaarlikse seremonie uit te deel.
Hulle sluit aan by Jennifer Aniston, Halle Berry, Julia Roberts, Mickey Rourke, Colin Farrell, Matthew Fox, Leonardo DiCaprio en Robert De Niro.
Die Golden Globe-toekennings word op 17 Januarie by die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, regstreeks deur NBC uitgesaai.
- Sapa-AP