Spice Girls weer op verhoog te sien
2010-01-22 12:02
Kaapstad – ’n Spice Girl-musiekblyspel is op die kaarte, met beide media-grootbaas Simon Fuller en Judy Craymer, die vrou agter wêreldwye treffer Mamma Mia!, wat reeds hul ondersteuning belowe het.
Gerugte oor dié blyspel, getiteld Viva Forever, doen al maande lank die ronde, maar is nou eers bevestig.
Vervaardigers sê hulle hoop om met die produksie "die energie en opwinding van die grootste vroue-popgroep van alle tye te vier".
Met Craymer se ondervinding en Fuller se vervaardigersneus (hy's die grootkop agter TV-treffers Pop Idol en So You Think You Can Dance), is meeste industrie-kenners doodnuuskierig om die eindproduk te sien.
Lees meer by Sky News