Spice Girls sing vir koningin Elizabeth II
2012-01-31 09:00
Londen – Die Spice Girls gaan na verwagting in Junie in Londen optree as deel van vieringe vir koningin Elizabeth II se sestigste herdenking as Britse monarg.
Mel B het aan 'n TV-kanaal in Australië gesê die groep sal op 4 Junie 'n eksklusiewe vertoning vir die koninklike familie by die Buckingham-paleis hou.
Voor dié vertoning aan die lig gekom het, sou die popgroep eers by die Olimpiese Spele in Londen optree.
Volgens berigte het Mel B haar mede-groeplede Geri Halliwell, Melanie Chisholm, Emma Bunton en Victoria Beckham oorreed om die eksklusiewe optrede te doen.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter