Spice Girl praat nie met familie
2011-01-12 14:45
Mel B, die gewese Spice Girls-popsanger, het nog nie een keer die afgelope twee jaar met haar suster gepraat nie.
Dié sanger woon tans in Los Angeles saam met haar man Stephen Belafonte en dogters Phoenix (11) en Angel (3), albei uit vorige verhoudings.
Volgens Danielle Brown, Mel B se suster, was die popster nog glad nie in kontak met enige van haar Britse familie of vriende nie.
Brown volg Mel B op die sosiale netwerk Twitter as sy wil weet hoe dit met haar gaan.
Brown het glo ‘n uitval met Mel B gehad omdat sy nie van haar man Stephen hou nie, maar sy hoop egter dat hulle die strydbyl kan begrawe ter wille van hul kinders.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.