Speletjie kom, al is Tiger nie nou gewild

2010-01-06 12:13
Tweets Share Share line Print

Chicago – EA Sports, ’n vervaardiger van sportvideospeletjies, gaan steeds ’n Tiger Woods-aanlynspeletjie bekend stel ondanks die gholfster se tanende gewildheid weens ’n owerspel-skandaal.

Peter Moore, EA-president, het in ’n maatskappy-blog gesê dat hulle vandeesmaand die speletjie Tiger Woods PGA Tour Online, wat verlede jaar vervaardig is, gaan bekend stel.

“Ons verhouding met Tiger was nog altyd gesetel in gholf,” het hy geskryf.

“Ongeag wat in sy persoonlike lewe gebeur, is Tiger Woods steeds een van die grootste atlete tot nog toe.”

EA se optrede kom vier dae nadat AT&T Inc. hul borgskap van Woods opgesê het. Dit volg nadat die wêreld se eerste sport-miljardêr vasgevang is in bewerings van verskeie buite-egtelike verhoudings ná ’n ligte motorongeluk buite sy huis op 27 November verlede jaar.

Woods (33) het sowat $100miljoen (sowat R730miljoen) per jaar uit borgskappe verdien voordat dié bom gebars het.

Hy het op 11 Desember erken dat hy ontrou was en gesê dat hy ’n blaaskans van gholf neem om te werk aan sy verhouding met sy Sweedse vrou, Elin Nordegren, by wie hy twee kinders het.

Die videospeletjie is een van EA Sports se eerste aanlynpogings. Dit gaan vir eers tydens ’n toetsfase gratis beskikbaar gestel word. 

- Reuters Life!

Lees meer oor: tiger woods  |  bekendes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.