Spears se eksman word vyfde keer pa
2011-08-17 08:15
Los Angeles – Britney Spears se eksman, Kevin Federline, het wéér pa geword nadat sy meisie geboorte geskenk het aan sy vyfde kind.
Federline en sy meisie, Victoria Prince, se eerste baba saam, Jordan Kay, is Maandagaand gebore.
Federline het reeds twee seuns saam met Spears en ook ‘n dogter en seun by sy eksmeisie, Shar Jackson.
– Contact Music.
– Volg Nuus24 op Twitter.