Spacey se nuwe film wel in China toegelaat
2011-03-16 20:00
Hong Kong – Chinese owerhede het Kevin Spacey se nuwe
film, Inseparable, die groen lig gegee.
Verspreiders het reeds toekomstige datums vir vrystelling in China met die land se sensuurraad bespreek.
Die film is in Guangzhou in die suide van
China geskiet.
Kevin Spacey speel ‘n Amerikaanse burger in China
wat bevriend raak met ‘n Chinese man wat toegegooi is onder werk en wie se huwelik
op die rotse is.
Die rol van die Chinese man word vertolk deur
Daniel Wu, ‘n Chinees-Amerikaanse akteur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA