Soulja Boy vas oor vuurwapen
2011-10-19 14:20
Atlanta - Die kletsrymer Soulja Boy is in Georgia op dwelm- en vuurwapen-verwante aanklagte in hegtenis geneem nadat hy deur die polisie by ‘n verkeerslig afgetrek is.
Die 21-jarige vermaaklikheidster, wie se regte naam DeAndre Cortez Way is, en vier ander mans het in ‘n Caddilac Escalade gery toe hulle in Temple, Georgia, deur polisie as deel van 'n roetine ondersoek gevra is om stil te hou, het Dana Rampy, 'n polisiewoordvoerder, gesê.
“Die polisie het op dagga, vuurwapens en geld beslag gelê”, het Rampy gesê.
Sy het geweier om die bedrag geld of dagga bekend te maak.
Die rapper, drie lyfwagte en 'n bestuurder is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van dagga en ‘n vuurwapen.
Al vyf mans is in aanhouding in die Carrol County-tronk.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters