Sony vra draaiboek oor Steve Jobs se lewe
2011-12-01 07:00
Kaapstad – Die draaiboekskrywer van The Social Network is deur Sony genader om ’n draaiboek te skryf oor Steve Jobs, ontslape grootbaas van Apple, se lewe.
Aaron Sorkin, wat pas ’n New York City Critic Circle-prys gewen het vir sy draaiboek saam met Steven Zaillian vir Brad Pitt se Moneyball, het dit aan E!Online bevestig.
Sony het die rolprentregte van Walter Isaacson se biografie aangeskaf kort nadat dit op die rakke verskyn het verlede maand.
** Geen draaiboekskrywer is nog aan die rolprent oor Google Googled: the end of the world as we know van Ken Auletta verbind nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger