Somermodes vir 2010

2010-08-11 16:31
Tweets Share Share line Print

Met die Kaapstadse modeweek wat vandeesweek afskop het ek by 'n paar ontwerwpers uitgevind wat die nuutste modeneigings vir die somer is.

Volgens Craig Port, 'n mode-ontwerper, is vlootblou, wit en grys hoogmode by mans.

"Tydens verlede jaar se resessie was die mode baie donker, maar hierdie jaar het dit plek gemaak vir helder, ligte kleure.

"Daar is ook nie iets soos 'moets en moenies' wanneer dit by mode kom nie. Mense moet egter net hul figuur in gedagte hou en altyd iets kies wat dit gaan komplementeer."



Items wat elke man in sy kas behoort te hê:

-          Donker denim

-          Wit hemp

-          Swart noupassende baadjie

-          Goeie paar swart skoene



Kim Govaars wat vir Miss Port werk (die vroue-reeks van Craig Port) het gesê hierdie somer is die basiese kleure soos wit, vaal en neutrale kleure terug.

"Rokkies of langerige t-hemde wat as rokkies gedra kan word is die nuwe gier by vroue. Met klere wat uit systof gemaak is wat weer ‘n verskyning maak."

Volgens Kim is kort denimbroekies met 'n goeie paar kouse en hoë hakke ook die nuwe ‘in-ding’. Jong meisies moet ook onthou kousbroekkies is nie meer mode nie, Opaque kouse is terug.

Items wat elke vrou in haar kas behoort te hê:

-          Wit hemp

-          Denim hemp

-          Katoen rokkie

-          Opaque kouse

-          Noupassende denim

-          Sy-kamisool

-          Enkelstewels

LoveWaterLove spesialiseer in swemklere, en volgens Margit Roberts, 'n ontwerper, is gedrukte materiaal en asimmetriese eenskouer-ontwerpe hoogmode, met pastelkleure en neon wat die nuutste neigings is.

Volgens Margit word sy deur mooi kleure, patrone en teksture geïnspireer en sy laat soms ook toe dat haar ontwerpe deur haar vriende beïnvloed word.

"Wanneer mense swemklere koop is dit belangrik dat hulle die regte vorm kies wat by hul figuur gaan pas en hul velkleur gaan komplimenteer. Dis veel beter om hul keuse volgens die nuutste mode te maak."

Deesdae word die kies van swemklere meer op 'n algehele voorkoms gebasseer as net op die klere self, met bykomstighede soos handsakke, oorbelle en sonhoede wat 'n groot rol speel.



Op die vraag of die eenstuk of tweestuk in die mode is, het Margit gesê: "Die eenstuk word nie meer gesien as 'n funksionele item om onvolmaakhede weg te steek nie. Inteendeel – dit het baie modieus geword met meisies wat dit dra om die mode van ouds terug te bring.

"Maar die tweestuk is meer gewild, en  daar is steeds meer tweestukke as eenstukke op strande."

Margit se raad aan opkomende ontwerpers is om nie bang te wees om raad van mense in die bedryf te vra nie.

"Dit neem 'n tydjie om 'n handelsnaam gevestig te kry, maar om iemand te sien dit dra, maak als die moeite werd."

Malcolm Klûk van Klûk CGDT sê voor hy op die nuutste neigings van 'n seisoen besluit, gaan soek hy eers na materiaal en kyk of dit pas by die patrone en ontwerpe wat hulle inspireer.



Volgens dié mode-ghoeroe begin mode baie meer persoonlik te raak, maar mense moet egter net seker maak hulle dra die regte onderklere!

Kledingstukke wat elkeen in hul klerekas behoort te hê is die streep t-hemp, met 'n uitklok-broek en iets khaki is ook altyd 'n wenner.



Malcolm se raad aan aspirant-ontwerpers is om baie versigtig te wees want dit is 'n baie mededingende bedryf.

"Jy moet harder werk, baie meer doen en verder as jou portuurgroep gaan om sukses te behaal."

- Volg Nuus24 op Twitter.

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.