Só ontsnap Pitt, Jolie van chaos by die huis
2011-09-21 14:30
Los Angeles – Met ses kinders in die huis kan dinge soms chaoties raak vir die akteurspaar Brad Pitt en Angelina Jolie – maar dié paartjie het 'n unieke manier om uit die huis te ontsnap.
Dié twee, wat ses kinders, Maddox (10), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling, Knox en Vivienne, saam grootmaak, het onthul dat hulle dikwels in hotelle oornag om van hul deurmekaar huishouding weg te kom.
Jolie het vroeër gesê sy kan nooit in vrede bad nie omdat die kinders haar pla – maar sy hou vol sy kom goed oor die weg al is haar alleentyd beperk.
“Ek het myself geskok omdat ek normaalweg iemand is wat daarvan hou om op my eie te wees. Maar ek is verras hoe gelukkig ek is om altyd deur almal in my familie omring te word,” het sy gesê.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.