Só hou jy op rook, verduidelik Willim Welsyn

2011-12-06 08:01
Tweets Share Share line Print

Dit is nie aldag dat 'n rocker besluit om 'n skoner lewe te lei nie, maar dit is wat Willim Welsyn gedoen het, en hy kan jou leer hoe. Nuus24 het hom genader in die hoop om 'n paar geheime met ons lesers te kan deel.

Nuus24: Hallo Willim, lus jy 'n sigaret?

Willim: Nee, nie nou dadelik nie, maar ek kry sulke benoude pangs so elke dan en wan.

Nuus24: Nuus24 verneem jy het moontlik die geheim tot ophou rook ontdek. Is ons op die regte spoor?

Willim: Ek wens ek het die geheim tot ophou rook ontdek, want dan sou ek dit patenteer en daardie patent verkoop het aan die 1,2 biljoen rokers van die wêreld. Met my biljoene sou ek die Rolling Stones kry om by my braaipartytjie te kom speel en dan sou ek twee pakkies Marlboro Lights saam met Keith Richards uitrook, ’n foto van ons twee saam neem (met skywe in die mond), dit my Facebook profile pic maak en dan in my mou lag.

Nuus24: Wat is jou geheim vir ophou rook?

Willim: Ek het geen geheim nie, ek en my verloofde probeer al vir jare ophou en so 'n week of wat terug het sy net finaal besluit genoeg is genoeg en opgehou, cold turkey. Ek het so drie dae na haar ook dieselfde besluit gemaak en ook opgehou. Die eerste twee dae was moeilik, maar so eet 'n mens mos maar die olifant, happie vir happie.

Ek dink die mees cliché gesegde is seker maar die mees korrekte gesegde en dit is om jou kop reg te kry, die besluit te maak en dan te stick met daai besluit. Ek dink dis makliker as jy ’n maatjie het wat saam met jou ophou, dan kan julle mekaar ondersteun. Maar moenie ’n slapgat maatjie kies wat jou gaan drop nie, want as hy of sy gaan knak, gaan jy ook ’n verskoning hê om te knak.

Nuus24: Wat is jou raad vir Nuus24 lesers wat wil ophou rook, maar nie weet hoe nie?

Willim: Lees maar Allen Carr se "Easy way to stop smoking" en volg sy raad. Gaan google wat fisies met jou liggaam gebeur sodra jy opgehou rook het en let op na al die fisiese voordele. Drink baie water om jou liggaam te flush van al die skadelike chemicals. Sodra jy die skywe los, gaan jou onderbewussyn konstant met jou begin bargain oor hoekom jy nog een skyf mag rook. Moenie vir jou onderbewussyn luister nie, daar bestaan nie iets soos “nog net een sigaret nie”.

Ek het hierdie naweek geknak by ’n rockfees waar ek gespeel het en toe rook ek so tien sigarette, die eerste een was ’n stoute thrill, die nege wat gevolg het was maar tos. En dis hoe nikotien werk, die eerste een van die dag is ’n thrill en die 20 of 30 wat daarna volg, hou jou net gehoek sodat jy weer die volgende dag deur dieselfde spiraal gaan. Nou weet ek wat om te verwag.

Nuus24: Enige laaste woorde vir die lesers?

Willim: Ja, pasop vir die skywe en kom ondersteun die Willim Welsyn en Jacques Groenewald akoestiese rock ’n roll toer hierdie Desember.

Vir die van julle wie nie weet wie Jacques Groenewald is nie, hy’s Piet Botha se nuwe en opwindende kitaarspeler en ek het hom gesteel hierdie Desember om lekker af te show met hom.

Dus, as jy hou van rock, country, blues en folk met ’n twist, kom gerus na die volgende gigs toe:

09 Des. Vrydag – La Dolce Vita, Oudtshoorn
10 Des. Saterdag – Route 62 Restaurant, Ladismith
14 Des. Woensdag – Purple Turtle, Kaapstad
16 Des. Vrydag – Tiekiedraai, Brackenfell
17 Des. Saterdag – Seaside Blues, Melkbosstrand
19 Des. Maandag – Gecko Bar, Hermanus

Lees meer oor: willim welsyn

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.