Skyfall steeds koning by loket
2012-11-15 11:15
Londen – Die nuwe James Bond-film Skyfall het die vyfde grootste Britse rolprent ooit geword ná dit nóg $16,7 miljoen (sowat R149 miljoen) by die loket verdien het.
Die film, waarin Daniel Craig die rol van die superspioen vertolk, het nou 'n totaal van $115,2 miljoen (sowat R1,02 miljard) in die Verenigde Koninkryk verdien sedert dit verlede maand vrygestel is. Skyfall is ook vir die derde agtereenvolgende week in die eerste posisie op die plaaslike lokettrefferlys.
Die animasiefliek Madagascar 3: Europe’s Most Wanted, wat $2,18 miljoen (sowat R19,4 miljoen) verdien het, is in die tweede posisie, terwyl Argo met $2,06 miljoen (sowat R18,4 miljoen) die derde posisie beklee.
Comedy Here Comes The Boom en die aksie-riller Taken 2 is onderskeidelik in die vierde en vyfde posisie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter