Skyfall die beste Britse fliek
2013-02-11 09:38
Londen – Die nuutste James Bond-rolprent Skyfall het Les Miserables uitgestof om die toekenning vir die beste Britse rolprent by Sondag se Bafta-toekennings, die Britse ekwivalent van die Oscars, in te palm.
“Ons het almal groot verwagtinge vir die rolprent gehad en ek dink dit is regverdig om te sê al daardie verwagtinge is oortref. Hierdie is net die kersie op die koek,” het Sam Mendes, die rolprent se regisseur, gesê.
Skyfall het onlangs die suksesvolste rolprent ooit by die Britse loket geword, maar Les Miserables was steeds die groot gunsteling om met die toekenning weg te stap.
Ben Affleck se Argo het die toekenning vir beste rolprent gekry, terwyl Daniel Day-Lewis nóg ‘n toekenning as beste akteur vir sy rol in Lincoln ingepalm het.
Emmanuelle Riva het die toekenning vir beste aktrise gewen vir haar rol in Amour.
Van die wenners by die Bafta-toekennings:
Beste rolprent:
Argo
Beste Britse rolprent:
Skyfall
Beste regisseur:
Ben Affleck - Argo
Beste akteur:
Daniel Day-Lewis - Lincoln
Beste aktrise:
Emmanuelle Riva - Amour
Beste manlike byspeler:
Christoph Waltz - Django Unchained
Beste vroulike byspeler:
Anne Hathaway - Les Miserables
Uitstaande debuut deur 'n Britse skrywer, regisseur of vervaardiger:
Bart Layton en Dimitri Doganis - The Imposter
Animasie:
Brave
Rolprent in ander taal:
Amour
Oorspronklike draaiboek:
Quentin Tarantino - Django Unchained
Aangepaste draaiboek:
David O. Russell - Silver Linings Playbook
Dokumentêr:
Searching for Sugar Man
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters