Skryf in vir Boer soek 'n vrou
2010-03-23 14:33
Kaapstad - Ná die wegholsukses van Boer Soek ‘n Vrou 1 en 2 is ons nou weer op soek na energieke en ondernemende boere. As jy die liefde van jou lewe wil ontmoet, waarvoor wag jy? Vat die kans en skryf sommer nou in.
Die Boer Soek ‘n Vrou 3 TV-program sal bestaan uit 13 een uur episodes, voorafgegaan deur promosie insetsels wat eers die boere en dan die potensiële metgeselle werf.
Die TV-reeks sal uiteindelik die wel en wee van 10 enkellopende boere volg in hul soeke na liefde. (Manlike én vroulike boere is welkom om in te skryf).
As jy wil inskryf, maak seker jy voldoen aan die volgende vereistes:
- Jy woon en werk op ’n plaas
- Jy is ongetroud
- Jy is ouer as 21
Inskrywings sluit op 16 April
Besoek kykNET om in te skryf en vir meer besonderhede