'Skoonheid' bekroon
2011-05-21 21:07
Cannes (Frankryk) - Die eerste Afrikaanse film wat by die Cannes-filmfees vertoon is, Skoonheid, het Saterdag die Queer Palm-toekenning ingepalm.
Die film, deur die regisseur Oliver Hermanus, handel oor ‘n middeljarige Suid-Afrikaanse man wat sukkel met sy latente homoseksualiteit.
Skoonheid is in die fees se Un Certain Regard-afdeling vertoon en het 'n parallelle toekenning ontvang vir die beste film wat oor gay, lesbiese, biseksuele en transeksuele kwessies handel.
“Ons is getref... deur hierdie film oor self-haat, homofobie en rassisme. Skoonheid is ‘n steurende, radikale film...” het die Franse joernalis en voorsitter van die jurie, Elisabeth Quin, gesê.
Dir film handel oor Francois, wie se streng-beheerde lewe met sy gesin in Bloemfontein ontrafel wanneer hy op die 23-jarige seun van ‘n ou vriend verlief raak.
- Volg Nuus24 op Twitter
- AFP