Skindertong vas oor ‘dronkbestuur’

2010-09-08 07:43
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die glanspersoonlikheid Loui Fish is eergisteraand in Sandton in hegtenis geneem weens beweerde dronkbestuur.

Fish, ’n gewese model wat voorheen met die oud-Bafana-sokkerspeler Mark Fish getroud was, is in die polisiekantoor aangehou en later op borgtog van R1000 vrygelaat.

Sy is tans landwyd bekend as een van die aanbieders van die gewilde skinderprogram oor glansmense, Tonge Los, wat op kykNET uitgesaai word.

Sy is onlangs aangewys as die mede-aanbieder van ’n werklikheidsprogam Verander my, waaraan 24 vroue van Maandag tot 2 Oktober in Pretoria gaan deelneem en wat vir die nuwe kanaal Afrikaanse Satelliet-TV vervaardig word.

Sy moet presies ’n jaar ná haar inhegtenisneming – op 7 September 2011 – in die Randburgse landdroshof verskyn.

Lt.kol. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, het gister Fish se inhegtenisneming en vrylating op borgtog bevestig.

Gevra waarom haar hofverskyning eers oor ’n jaar is, het Opperman gesê: “Bloedmonsters van Fish is ná haar inhegtenisneming geneem om die alkoholinhoud van haar bloed te bepaal. Die verhoor kan nie begin voordat die uitslag daarvan bekend is nie.”

Volgens hom is Fish deur die polisie van Sandton in hegtenis geneem omdat sy “onseker en wisselvallig” bestuur het.

Hy het bevestig dat geen botsing plaasgevind het nie en dat niemand beseer is nie.

Fish se prokureur, Isaac Mabunda, het haar eerbygestaan met haar borgtogaansoek by die polisie.

Haddad Viljoen, reklamebeampte van kykNET, het gesê Fish sal as aanbieder van Tonge Los aanbly “totdat die reg sy volle gang gegaan het”.

- Die Burger

Lees meer oor: bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.