Sir Elton John en baba hou vakansie
2011-02-23 10:52
Los Angeles – Sir Elton John en sy lewensmaat David Furnish geniet tans hul eerste seevakansie saam met hul nuwe bondeltjie vreugde.
Die paartjie en die twee maande oue Zachary Jackson Levon Furnish-John is tans in Hawaii waar John ook hierdie week by twee konserte gaan optree, het Daily Mail op hul webwerf berig.
John, wat ‘daddy’ genoem sal word en Furnish ‘papa’, het op Kersdag ouers geword, nadat Zachary deur ‘n surrogaatma in die lewe gebring is.
- Kliek hier om foto's van die gesin te sien.
- Volg Nuus24 op Twitter.