Sinead O'Connor se huweliksbootjie wéér op die rotse
2012-01-13 13:52
Los Angeles – Sinead O'Connor en haar man, Barry Herridge, se huweliksbootjie het vir 'n tweede keer op die rotse geloop nadat hulle 'n maand gelede weer getrou het.
Die "Nothing Compares 2 U"-sangeres en haar man is in Desember uitmekaar nadat hulle slegs vir twee weke getroud was.
Hulle is 'n paar dae later weer met mekaar herenig, maar is nou vir 'n tweede keer uitmekaar.
O'Connor blameer glo die wrede behandeling wat Herridge van die Ierse media ontvang het.
Die 45-jarige ster, wat reeds twee keer vantevore getroud was, sê sy hoop sy kan aangaan met haar lewe. Sy het ook gesê sy dink nie sy gaan weer romanties betrokke raak met enigiemand nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.