'Shrek' word pa
2011-09-30 10:14
Los Angeles – Die akteur Mike Myers, bekend as die stem van die filmkarakter Shrek, het vir die eerste keer pa geword.
Myers en sy vrou, Kelly Tisdale, het vroeër vandeesmaand ‘n babaseun verwelkom en besluit om hom Spike te noem.
‘n Bron het aan die tydskrif Life & Style gesê die baba is twee weke gelede gebore.
Myers en Tisdale, wat ‘n kafee in New York besit, het in 2006 begin uitgaan nadat hy en sy eerste vrou, Robin Ruzan, 'n komedie-skrywer en aktrise, na ‘n huwelik van 12 jaar geskei het.
Hy en Tisdale het verlede jaar tydens ‘n geheime huwelikseremonie getrou en die nuus eers vyf maande later bekendgemaak.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.