Shimmy se stuk kom Kaap toe

2012-01-27 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die grapjas van Worcester, Shimmy Isaacs, is terug by vanjaar se Die Burger-Suidoosterfees in ’n eenvrou-komediestuk met die titel Howzit my Bra.

Sy sal drie vertonings in die Brimstone/Lion of Africa-arena in die Kunstekaap-teater lewer.

Isaacs het ten tyde van verlede jaar se Suidoosterfees die maagspiere behoorlik laat werk met haar eenvroustuk Allie Pad Funny Worcester.

Vanjaar se stuk beloof om dieselfde te doen.

Sy het reeds ’n landwye toer met Howzit my Bra gehad en dit is goed deur gehore ontvang.

Sy is ook vir dié stuk as die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se Kanna Slurpie-wenner aangewys.

Die komedie takel verskeie kwessies rondom die bra, en borskanker word ook bespreek.

Isaacs vertel dat sy nie net mense wil laat lag nie, maar hulle ook laat dink oor die kwessies wat sy aanspreek.

Die regisseur, Anthea Thompson, het gesê Isaacs weet hoe om stories goed te vertel.

“Sy is baie toeganklik en weet hoe om ’n gehoor te vermaak. Dis wonderlik om met haar te werk.”

Die vertonings is op 15 Februarie om 21:00, 18 Februarie om 14:30 en 19 Februarie om 18:30 te sien.

Kaartjies kos R75 en is by Computicket beskikbaar.

Die fees is van 14 tot 19 Februarie in die Kunstekaap.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: shimmy isaacs  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.